0%

2024 Student Multilingual Survey - Afrikaans

STUDENTE-EVALUERING
Inligting

Hierdie vraelys sluit biografiese en demografiese vrae in. Daar is ook vrae oor u ervarings van die implementering van meertalige onderrig in sommige van u kursusse in u Fakulteit. Hierdie terugvoer is belangrik vir ons omdat ons moet weet wat werk, wat nie werk nie, en wat verander moet word.
Deelname aan hierdie opname is vrywillig. Die inligting sal deur die Fakulteit gebruik word om onderrig en leer te verbeter en meer doeltreffend werk te maak van meertaligheid. Dit sal ook vir navorsingsdoeleindes gebruik word, en die data sal anoniem gerapporteer word. Deelnemers behoort geen ongemak te ervaar met die voltooiing van die vraelys nie. Die Fakulteitsmonitering en Evaluering van meertalige pedagogieë vorm deel van die Navorsingsprojek van prof Rosemary Wildsmith-Cromarty, wat die navorsingskoördineerder vir die implementering van meertaligheid is. Die projek het etiese klaring van die NWU ontvang (01101-22-A7 van 01-05-2024 tot 31-03-2025). Hierdie vraelys en die fakulteitsnavorsing na hul studente en dosente se ervarings van meertalige pedagogieë maak deel uit van hierdie projek. *Indien u verdere inligting benodig, kontak asseblief rosemary.cromarty@nwu.ac.za.
Powered by QuestionPro